Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Brisbane Somer Sokkie

November 4, 2023 @ 18:00 - 22:30

Toegangskaartjies moet vooraf elektronies gekoop word op dieselfde skakel. As die kaartjies uitverkoop is, is dit “tickets” en jy sokkie met die besem by die huis op die beat van die skottelgoed-wasser! Tafels wat nie vooraf bespreek is nie (indien daar nog oor is) sal gratis beskikbaar wees op die aand. Jy is ook welkom om jou eie kamp stoele en tafel saam te bring en buite op die grasperk op te stel. Tafels verkoop omtrent elke dans uit en as jy will he jou tafel moet vir jou wag as jy daar kom MOET jy vooraf bespreek en betaal.

“Whats Up Kwagga” sal ook ‘n verskeidenheid Suid-Afrikaanse produkte en biltong/droewors te koop he op die aand. (Eftpos fasiliteite is beskikbaar).

KINDERS: Kinders is baie welkom, alhoewel daar geen toesig of vermaak gereël is nie. Ouers is dus self verantwoordelik vir die toesig van hul eie kinders.

BRING SAAM: Piekniek mandjie met eetgoed, drinkgoed met eie eetgerei en glase (eie alles).

BRAAIERS: Geen braaiers word voorsien nie, maar jy is welkom om ‘n braai saam te bring. Maak net seker jy gooi jou kole versigtig weg.

KOSTE:

Kinders onder 5 jaar – $5 per persoon,
Kinders 5 tot 12 jaar – $10 per person,
Volwassenes 13 en ouer – $15 per person

Details

Date:
November 4, 2023
Time:
18:00 - 22:30

Organizer

Whats Up Kwagga
Phone
0455 985 275
Email
info@whatsupkwagga.com

Venue

Samford Community Centre
1 School Road
Samford,Queensland4520Australia
+ Google Map