- This event has passed.
Somer Sokkie (Brisbane Southside) 2025
November 8, 2025 @ 18:00 - 23:00

Somer Dans/Sokkie en Braai (Saterdag 26 Junie 2025)
WAAR:
• Greenbank Community Centre Hall, 145 Teviot Rd, Greenbank QLD 4124
• Greenbank Community Centre Hall, 145 Teviot Rd, Greenbank QLD 4124
KOSTE:
• Kinders onder 5 jaar – $5 per persoon,
• Kinders 5 tot 12 jaar – $10 per person,
• Volwassenes 13 en ouer – $15 per person.
• Kinders onder 5 jaar – $5 per persoon,
• Kinders 5 tot 12 jaar – $10 per person,
• Volwassenes 13 en ouer – $15 per person.
TAFELS: Tafels is GRATIS en werk op ‘n “first come first serve” basis. As jy wil he ons moet vir jou ‘n tafel hou (waarborg), kan jy dit vooraf bespreek. Daar is net 26 tafels (8 stoele per tafel) beskikbaar teen vooraf bespreking van $25/tafel (sluit nie jou ingangsfooie in nie). Indien julle ‘n tafel wil bespreek, volg asb die onderstaande link:
Toegangskaartjies moet vooraf elektronies gekoop word op dieselfde skakel. As die kaartjies uitverkoop is, is dit “tickets” en jy sokkie met die besem by die huis op die beat van die skottelgoed-wasser!
Tafels wat nie vooraf bespreek is nie (indien daar nog oor is) sal gratis beskikbaar wees op die aand. Jy is ook welkom om jou eie kamp stoele en tafel saam te bring en buite op die grasperk op te stel.
Tafels verkoop omtrent elke dans uit en as jy will he jou tafel moet vir jou wag as jy daar kom MOET jy vooraf bespreek en betaal.
“Whats Up Kwagga” sal ook biltong/droewors te koop he op die aand. (Eftpos fasiliteite is beskikbaar).
KINDERS: Kinders is baie welkom, alhoewel daar geen toesig of vermaak gereël is nie. Ouers is dus self verantwoordelik vir die toesig van hul eie kinders.
BRING SAAM: Piekniek mandjie met eetgoed, drinkgoed met eie eetgerei en glase (eie alles).
BRAAIERS: ‘ Beperkte hoeveelheid braaiers met roosters and kole word voorsien. Bring eie braai-tang en spices.

