Afrikaanse Klub Australië – Kersdag Piekniek
November 23 @ 09:00 - 13:00
Free – $5.00

Kom kuier saam by ons Kersdag Piekniek op Saterdag, 23 November by die Daisy Hill Koala Centre van 9:00 tot 13:00!
Bring die hele gesin vir ’n heerlike oggend vol pret, geskenke en Kersfees-gees. Daar sal poppekas, sparkles, en Kersgeskenke vir die kinders wees.
Geniet ’n sappige boereworsrol vir net $5, pak jou piekniekmandjie, en ontspan saam met vriende onder die bome.
Boeries sal ook beskikbaar wees op die dag by die park, maar maak seker jy is verseker van jou boerie deur aanlyn te bestel.
Dis ’n ware Suid-Afrikaanse styl Kersfeesviering — vol lag, lekker kos en goeie geselskap. Kersfees VIP, Pieknek, Pret!

