 |
|
Nuusbrief September 2010
Ek hoop dit gaan goed van huis tot huis.
Hier in Brisbane is dit hopelik die laaste stukkie winter weer. Die lente is op ons en so ook ’n baie besige en bedrywige program tot eiende van die jaar.
Ons was die laaste paar maande goed aan die gang en het nie dat die kouer winter ons laat afsit nie. Ons is ook bederf met konserte in die Brisbane omgewing van Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Arno Jordaan en Nicholis Louw.
Baie dankie ook aan almal wat ons funksies so goed bygewoon het – die Winterkamp by Somersetdam, Enkellopendes se funksie op die Kookaburra Queen en die Dames Wynproe dag.
10 Jaar Fees – 9 Oktober 2010
Soos ons al ʼn paar keer in ons nuusbriewe gemeld het is 2010 die Afrikaanse Klub se 10de bestaansjaar. Ons het aanvanklik beplan om die fees in Julie te hou maar dit het tot ʼn stop gekom toe dit op die selfde dag val as die Wallabies vs. Springbok toets hier in Brisbane.
Intussen is ons hard aan die werk en ek is baie bly om te bevestig dat ons ʼn groot dag beplan vir die 9de Oktober. Dit is ons groot geleentheid om ons eerste 10jaar van bestaan te herdenk en baie lekker saam te kuier. Dit gaan ʼn groot dag wees en ons vra almal om ons te ondersteun, julle vriende saam te bring en die dag as trotse Afrikaners saam te geniet.
Dit is ook ons geleentheid om as die Afrikaanse Klub om vir ons getroue lede en vriende dankie te se vir hulle ondersteuning. Ons beplan om ʼn regte ‘Afrikaner-dag’ te hou met:
- saam kuier en braai
- boeresport
- kos en tuisgebak stalletjies
- springkastele en speletjies vir die jongklomp
- Afrikaanse musiek
- plaaslikke kunstenaars o.a. Raymond Koen, Daniel Nel ens. ...en....
- DOZI
|
Waar: |
3 Nathan Road, Runcorn |
|
Tyd: |
Vanaf 12:00, braai vanaf 12:00 |
|
Braai: |
Ons sak braaiers en kole voorsien |
|
Bring saam |
Stoele, tafels, kos en drinkgoed |
|
Kaartjies: |
Te koop by die hek en slegs !!!
· $10.00 per volwassene
· $5.00 per kind onder 14 jaar > |

Stalletjies:Vir diegene wat belangstel om stalletjies te hę op ons 10 jaar herdenking, kontak asb. vir Enid Walker (die hulpsekretaresse) op epos walkerinoz@optusnet.com.au
Vir meer inligting oor die groot fees en beplanning van die dag kontak my gerus. Ben Prinsloo, ben@afrikaans.org.au
Klub Dagboek
Hou asb. ons webblad www.afrikaans.org.au dop vir die nuutste jaar program.
Brisbane River Festival – 4 September
Captain Burke Park – reg onder Brisbane se bekende Story Bridge
Dit is weer tyd vir ons om die pragtige stad van Brisbane en die wonderlike River Fire te geniet en waardeer.
Volgende Saterdag kom ons soos gewoonlik bymekaar by Captain Burke Park. Die park is reg teen die rivier onder die pragtige Story Bridge en van daar het mens wonderlike uitsigte oor die stad en ‘n ideale plek om die vuurwerke te aanskou. Die gees is gewoonlik fantasties.
Vir die van ons wat bietjie groter kinders het kan hulle soos gewoonlik die stad en plekke soos Southbank gaan verken terwyl die meer rustiges die Brisbane-stad atmosfeer geniet onder die koeltebome van die park. Daar is ook ʼn speel park vir die jonger kinders.

Kom asb. vroeg sodat ons die plek kan uitpak!!! Onthou daar is gewoonlik so 400,000 mense wat die dag al om die revier saamkuier.
Waar: Captain Burke Park, Kangaroo Point
Tyd: vanaf 12:00, vuurwerke is vanaf 19:00
Adres: Holman Street, Kangaroo Point QLD 4169
Refidex: bladsy 160, B9
Bring saam: Piekniekmandjie, stoele en opvou tafels
Vir verdere navra kontak my gerus. Ben Prinsloo, ben@afrikaans.org.au
Kerskamp – Maroochydore 5-7 November
Dit is ook weer tyd vir ons laaste kamp van 2010 en die jaar gaan ons weer terug na die baie gewilde Maroochy Palms op die Sunshine Coast. Dit beloof om weer ‘n ongelooflike naweek te wees. Ons was twee jaar terug daar en die eenhede was gou vol bespreek. Moet dus nie slaap nie, bespreek vroeg om ‘n plek te kry. Die Saterdag oggend hou ons Boeresport en die middag is dit Kersboom vir die klein kindertjies..
Akkommodasie beskikbaar: (Let wel dat daar nie-lede ʼn besprekings fooi van $25 betaalbaar is).
|
Villas |
Persone |
Koste per nag |
|
Nos. 1-4 |
Sleep 2 – 1 x Queen bed |
$110.00 vir 2 x volwassenes |
|
Nos. 5-7 |
Sleep 6 - Queen in main b/rm + 2 sets of dble bunks in 2b/rm |
$134 per night for 2A, $14 for each extra 3-15yrs, $17 for 16yrs over per person per night |
|
Nos.8-12 |
Sleep 5– Dble in main b/rm + 1 set triple bunks in living area |
$111 per night for 2A & $12 for each extra 3yrs & over per person per night |
|
Nos.13-14 |
Sleep 5– Queen in main b/rm + 1 set triple bunks in 2nd b/rm |
$143 per night for 2A, $14 for each extra 3-15yrs, $17 for 16yrs over per person per night |
|
Nos.15-19 &22 |
Sleep 5 – Queen in main b/rm + 1 dble with single on top in 2nd b/rm |
$143 per night for 2A, $14 for each extra 3-15yrs, $17 for 16yrs over per person per night |
|
Nos.20-21 |
Sleep 5 – Queen in main b/rm + 1 set triple bunks in 2nd b/rm |
$134 per night for 2A, $14 for each extra 3-15yrs, $17 for 16yrs over per person per night ) |
|
Nos.23-24 |
Sleep 5 – Queen in main b/rm + 1 set triple bunks in 2nd b/rm |
$143 per night for 2A, $14 for each extra 3-15yrs, $17 for 16yrs over per person per night ) |
|
Nos.25-30 |
Sleep 5 – Dble in main b/rm + 1 set of triple bunks in living area |
$89 per night for 2A & $12 for each extra3yrs & over per person per night ) |
|
Nos.32-33 |
Sleep 4 – Queen in main b/rm + 2 single beds in 2nd b/r |
$134 per night for 2A, $14 for each extra 3-15yrs, $17 for 16yrs over per person per night |
|
Nos.34-35 |
Sleep 5 Queen in main b/rm + 1 single bed & 1 set dble bunks in 2nd |
$134 per night for 2A, $14 for each extra 3-15yrs, $17 for 16yrs over per person per night |
|
Nos.36-38 |
Sleep 4 Double in main b/rm + 1 set dble bunks in living area |
$89 per night for 2A & $12 for each extra aged 3yrs & over |
|
|
|
Ensuite Campsites: |
|
Nos.106-111 |
Ensuites sites $46 per night for 2A & $12 for each extra aged 3yrs & over. |
|
|
|
Tents – powered |
$32 per night for 2A & $12 for each extra aged 3 yrs & over. |
BESPREKINGS: Stuur jou bespreking na kerskamp@afrikaans.org.au
Vrouedag – Sunshine Coast, 2 Oktober
Tharina Grobler beplan weer een van haar baie gewilde Vrouedae en sy sal binnekort vir ons meer inligting hieroor stuur. Dames merk die dag maar solank in julle dagboeke.
Datum: Saterdag 2de Oktober
Waar: 30WoombyeSchool of Arts Hall
Adres: Corner BlackallStreet and Hill Street, Woombye. (Sunshine Coast Refidex: Map 66, F12Brisway: Page 228 C16)
Kontak Tharina Grobler, lgr29646@bigpond.net.auof 0423 186 938
Kurt Darren / Arno Jordaan CD’s
Indien julle nog nie die CD’s ontvang het nie, kontak asseblief vir Dewald Jordaan. Sy epos is samusicplanet@gmail.com of dewaldjor@gmail.com
Senior Burger Nuusbrief en gebeure
Ons het al verskeie kere in die afgelope jaar probeer om iets vir die Senior Burgers te reël, maar weens omstandighede soos onaangename weer was dit tot sover nie moontlik nie.
Graag wil ek hiermee dan aan julle ʼn voorstel maak. Aangesien dit volgende maand, vanaf 17 tot 26 September, weer tyd is vir die Toowoomba Blommeskou, kan jul dalk onder mekaar reël om saam na die skou toe te gaan. Jul kan afspreek om mekaar ęrens te ontmoet en saam soontoe ry.
Diegene wat belangstel om dit te doen, kan gerus hul name en kontakbesonderhede per epos aan my deurstuur sodat ek dit op die verspreidingslys kan plaas en dit dan aan alle belangstellende senior burgers kan deurgee.
Vir verder inligting oor die Toowoomba Blomme besoek asb. die volgende webblad:
www.tcof.com.au en www.toowoombaRC.qld.gov.au/events
Huis Oppas (House Sitting)
Ons het verskeie versoeke gehad van senior burgers wat graag 'house sitting' sal wil doen vir 'n ekstra inkomste. Baie seniors burgers bly by hul kinders omdat hulle finansieel dit nie kan bekostig om op hul eie te woon nie. Hul wil graag in hul omgewing of omliggende omgewings wat nie te ver van hul tuiste af is nie, vakansiegangers se huise en troeteldiere oppas sodat dié met gemoedsrus kan vakansie hou. Vir die lede wat daarin belangstel, kan gerus vir Thea Prinsloo kontak by tiamaria16@dodo.com.au wat weer op haar beurt die senior burgers naaste aan julle se besonderhede aan julle sal verskaf. Sodoende kan julle self met hulle kontak maak en die nodige reëlings met hulle tref.
Stuur asb jul name en kontakbesonderhede, al is dit net ʼn e-posadres, asook die omgewing waar jul die huis-oppassing kan doen aan my deur na tiamaria16@dodo.com.au Indien verkies, kan ons ook met jul toestemming, jul besonderhede in die algemene Nuusbrief plaas en dan kan voornemende vakansiegangers self met julle in aanraking kom om die nodige reëlings met julle te tref.
Laat weet asb as daar enige iets anders is waarmee ek kan help of inligting is wat julle in Nuusbrief wil plaas.
Afrikaanse Kerkdienste
|
Gold Coast |
Waar: Saal van die Ashmore Staat Laerskool, 92 – 122 Currumburra Weg, Ashmore
Wanneer: Sondae om 09h00 vm
Predikant: Ds. Danie Venter
Sondagskool: 10h00
Kontak: Ds Danie Venter 044 978 4590 of dareventer@gmail.com
|
|
Brisbane
Mansfield |
Waar: Mansfield Christian Reform Church
Wanneer: Elke eerste Sondag van die maand
Tyd: 17h00 (5nm)
Adres: H/v Ham & Wishart Roads, Mansfield
Navrae: Dr Johan Eloff (040 536 4361)
|
|
Brisbane Carindale |
Waar: Citipointe
Wanneer: Elke Sondagoggend
Tyd: 08h30
Adres: 322 Wecker Rd, Mansfield, 4122
Navrae: Dr. Johan Roux Tel: (07)3343 8888 of afrikaans@citipointe.com.au
Webblad: www.citipointe.com.au/index.php
|
|
Gladstone |
Waar: Uniting Church gebou, Dixon Drive, Gladstone
Wanneer: Sondae om 18h00 (behalwe elke 3de Sondag van die maand - kontak ons asb vir die rooster)
Navrae: (07) 4978 4549 of coh3nf@gmail.com
|
|
Caboolture |
Waar: Gereformeerde Evangeliese Kerk Te Caboolture Memorial Hall King Straat, Caboolture
Wanneer Elke Sondagmiddag om 14:30 nm. Eerste diens op die 11de Oktober 2009
Navrae: Ds. Danie Venter 044 978 4590 of dareventer@gmail.com
|
|
Perth
Bunbury |
Waar: Gereformeerde Kerk van Australië
Navrae: Mari Ballance daryll.ballance@bigpond.com.au
|
Klubadvertensies
|
VAKANTE POSTE - Indien enige van julle weet van vakante poste, stel ons asb. in kennis dat ons dit kan deur gee vir die mense wat ons van weet wat dringend werk soek asb. Stuur asb aan Ben Prinsloo benprinsloo@dodo.com.au |
|
Ondetersteuning gesoek - verhuis na Perth: Ek wil graag navraag doen oor moontlike ondersteuning vir wanneer ek en my vrou in Januarie 2011 Perth toe verhuis vanaf Suid Afrika. Ons sal graag, indien moontlik, vir die eerste 7 dae vanaf Maandag 3 Januarie 2011 tot Sondag 9 Januarie 2011 van enige moontlike tydelike akkommodasie wil gebruik maak. Ons behoort reg te kom met ʼn huur plek vanaf 10 Januarie 2011. Ons gaan ook indien moontlik, ondersteuning nodig kry met basiese meubels totdat ons meubels in sowat 10 weke se tyd in Perth aankom. Enige raad of ondersteuning sal waardeer word. Byvoorbaat dankie. Eugene van Wyk eugene.vanwyk200@gmail.com
|
|
Short/Medium term accommodation available – West Woombye (- 2.5km from Woombye, 6km from Nambour). Self contained bachelor's flat available, short to medium terms, Rural setting (Small acreage), Furnished/Unfurnished – negotiable, Would suit one or two persons, $150 per week - negotiable . Contact Erika: Home 07-5442 3117 or mobile 0450904408 or e-mail: lekruger1@gmail.com |
|
Kontak in Sydney gesoek: - Ons woon in SA, maar oorweeg dit sterk om na Australië te verhuis - ons vlieg die 3de Februarie 2011 na Sydney om te gaan kyk na opsies. Ek het net gewonder of daar 'n manier is hoe ek nou al met ou SA'ners kan kontak maak wat reeds daar woonagtig is sodat ek sodoende nou al 'n vriendekring daar kan opbou vir die dag wanneer ons verhuis? Kontak my asb - Debbie Buys, debbiebuys@webafrica.org.za |
Laat weet maar as daar enige iets is waarmee ons kan help en of julle enige nuusgebeure of inligting het wat julle met die res van ons klub mense wil deel.
Groete tot volgende keer,
Ben Prinsloo
namens die AKA Bestuurspan
www.Afrikaans.org.au
|
 |
Designed by:
|
|