Voltooi asseblief die vorm onder die Pay Pal knoppie in voor jy betaal (Afrikaans Klub Australië List).
In die vorm kies jy “Nuusbrief en Lidmaatskap” of “Nuusbrief” Indien jy lidmaatskap en Nuusbrief kies, moet jy ook ledegelde betaal. Gebruik slegs een epos adres vir die Lidmaatskap. Indien jy meer as een epos adres wil gebruik, kies die opsie van “Nuusbrief” vir die ander epos. As jy reeds ons nuusbriewe ontvang, volg die skakel onder aan elke nuusbrief (Update Subscription Preferences) en maak seker dat die inligting volledig en korrek is.
Indien jy probleme met die invul van die vorm onderving, kontak ons per epos admin@afrikaans.org.au
Ons maak ook nou voorsiening vir betaling van ledegelde vir 3 jaar. Lede het versoek dat ons dit moontlik maak. Die ledegelde is ‘n jaarlikse betaling en word opgestel deur PAYPAL as ‘n herhalende betaling.
Indien jy net wil registreer vir die Nuusbrief, kies die opsie “Nuusbrief” in die vorm (Afrikaanse Klub Australië List).
Jaarlikse Ledegelde is soos volg.
$35 per familie. Dit sluit in getroude paartjies jonger as 65 jaar in wat nie pensionarisse is nie. Kinders 18 jaar en jonger word ingesluit.
$15 per enkel persoon ouer as 18. Hierdie is vir enkel persone of kinders wat ouer as 18 jaar is.
$10 vir persone oor 65 jaar of ‘n pensionaris (Enkel)
$15 per paartjie waarvan een persoon 65 jaar of ouer of ’n pensionaris is (Paartjie)
Lidmaatskap is geldig vir 12 maande vanaf datum van betaling. Ledegelde kan slegs betaal word deur Paypal. Elke lidmaatskap word gekoppel aan ‘n epos adres. Moet asseblief nie dieselfde epos adres vir meer as een gebruik nie.
Sluit aan of registreer vir die nuusbrief deur die onderstaande vorm te voltooi:
Baie Dankie



