Emigrasie

Emigrasie is ‘n baie persoonlike en groot besluit en die doel van hierdie bladsy is om aan elke voornemende emigrant na Australie ‘n paar riglyne te gee oor hoe en waar om te begin. Vir spesifieke advies rondom jou en jou gesin se kanse vir emigrasie, beveel ons egter aan dat die advies van ‘n geregistreerde migrasie agent/konsultant ingewin word.

‘n Lys van registreerde agente is beskikbaar by https://www.mara.gov.au/

STAP 1: WAAR BEGIN MENS?

Dit is baie belangrik om te weet of jy en jou gesinseenheid vir emigrasie kwalifiseer en vir watter visumklas(se) aansoek gedoen kan word. Al hierdie inligting is beskikbaar op die webblad van die Departement van Immigrasie en Burgerskap (Department of Immigration and Citizenship – DIAC) – http://www.immi.gov.au/.

Die mees algemeenste visumklasse waarvoor mense aansoek doen is :

Skilled – Independent (Migrant) Visa (Subclass 175)

Skilled – Sponsored (Migrant) Visa (Subclass 176)

Skilled – Regional Sponsored (Provisional) Visa (Subclass 475)

Skilled – Recognised Graduate (Temporary) Visa (Subclass 476)

Subclass 457 – Business (Long Stay) visa – Standard Business Sponsorship

Employer Nomination Scheme (subclass 121/856)

Regional Sponsored Migration Scheme (subclass 119/857)

Various Business visas

STAP 2: DOEN NAVORSING

Australie is ‘n geweldige groot land met verskillende state (provinsies) wat in baie opsigte nogals uiteenlopend van mekaar verskil. Dit is daarom belangrik om seker te maak dat die area waarheen jy graag sal wil verhuis, sal pas by jou lewenstyl, verwagtinge en verwysingsraamwerk. Daar is ‘n groot hoeveelheid inligting op die internet beskikbaar waarvan die volgende skakels net ‘n paar voorbeelde is:

Beginning a Life in Australia

South Africans coming to Australia

Sabona Magazine: South Africans in Australia

STAP 3: KRY AL DIE NODIGE PAPIERWERK BYMEKAAR

Alvorens mens met enige visumaansoek kan begin, het mens die volgende dokumentasie nodig:

Geldige paspoort vir hoofaansoeker en elke familielid

Volledige geboortesertifikate (waarop ouers se besonderhede ook verskyn – unabridged birth certificates)

Geldige huweliksertifikaat of egskeidingdokumentasie soos van toepassing

Weermagonstslagsertifikate soos van toepassing

Bewys van vaardigheid in Engels (in meeste gevalle word verwag dat aansoekers en familielede oor die ouderdom van 18 jaar die IELTS toets afle wat deur die British Council in Suid-Afrika geadministreer word )

Enige bewyse van naamsveranderings waar van toepassing

Vertaalde en gesertifiseerde afskrifte van kwalifikasies (graadsertifikate en akademiese rekords)

Opgedateerde CV vir veral hoofaansoeker

Polisieklarings van elke land waarin mens vir langer as 12 maande woonagtig was