Home

Get Adobe Flash player

 

Welkom by die Afrikaanse Klub van Australië

Ons nooi almal van heinde en verre om via hierdie webwerf ’n nuwe groep vriende te bou - of dit nou is om saam te lag of ‘n traan te stort, jou besigheid te adverteer, inligting deur te gee of sommer net saam te kuier. Kom geniet ons nuwe land saam. Om te sien wat ons beplan gaan na ons kalender bladsy.

We invite you to enjoy and cherish this new country with us, while staying true to a great culture and strong Christian values. We are here to support each other in a wonderful country. Although Afrikaans is the main language of the club, anybody is welcome at the club.

Wil jy adverteer op ons webwerf. Koste is $350 per jaar. Stuur epos na info@afrikaans.org.au

Pieter Smith – Mei 2012. Theuns Jordaan – Julie 2012. Barry Hilton – August 2012. Robbie Wessels – Nov 2012

Categories ▾
  • ACT
  • Braai
  • Naweek
  • New South Wales
  • Queensland
  • Sokkie / Dans
  • South Australia
  • Suid Afrikaanse Kunstenaars
  • Victoria
  • Western Australia

Agenda

+ Expand All − Collapse All Today
  1. May
    18
    Fri

    1. Sydney Bokjol met Pieter Smith
      7:00 pm – 11:45 pm

      Pieter Smith Sydney

      :
      Qty:

       

       

       

      Maketie saam met Pieter en MD.

      Koste soos volg: $40 per volwassene en $15 per kind onder 14 jaar. Kinders onder 6 gratis. Lede van die Afrikaanse Klub sal $5 terug kry by die ingang. Sitplekke is by tafels.

      Besprekings: Stuur epos na nsw@afrikaans.org.au om vooraf te bespreek of betaal per PAYPAL. Druk die betalingsbewys uit en bring saam. Dit dien ook as jou kaartjie. Jy kan ook ‘n hele tafel bespreek vir al jou vriende.

      Kaartjies sal ook by die deur beskikbaar wees.

      Deure open 18h30 vir die wat reeds kaartjies gekoop het. Kaartjie verkope begin vanaf 19h00. Eftpos en krediet kaarte is welkom.

      Bring ‘n mandjie met jou kos en eetgerei.

      +
      7:00 pm
      Sydney Bokjol met Pieter Smith
  2. May
    19
    Sat

    1. Bokjol met Pieter Smith en MD Greyling
      6:00 pm – 11:45 pm

      Pieter Smith Brisbane

      Tipe:
      Qty:

      Druk asseblief julle PAYPAL bewys van betaling uit en bring saam.

      Kom geniet die aand saam met Pieter en MD in Brisbane. Ons gaan dans dat dit klap. Dit is ‘n mandjie dans. Bring dus asseblief jou drankies en kos. Daar is tafels en stoele en ook speel geriewe vir die jonges.

      Lede sal $5 per volw persoon terug kry by die toegang. Bring jou ledekaart. Ledelys sal beskikbaar wees indien julle nog nie jul kaart ontvang het nie.

      Indien jy ‘n tafel bespreek kontak vir Liezel by qld@afrikaans.org.au of betaal per paypal. 8 Persone per tafel

      Deure open 17h30 vir die wat reeds kaartjies gekoop het. Kaartjie verkope begin vanaf 18h00. Eftpos en krediet kaarte is welkom.

      +
      6:00 pm
      Bokjol met Pieter Smith en MD Greyling
  3. May
    20
    Sun

    1. Sydney Afrikaanse Kerkdiens
      6:00 pm – 7:30 pm

      Sydney- Roseville
      28 Lord Street, Roseville, 2069

      Ds Stephen Jonker 0403 640 012/ 02 9416 5054 (w)

      Elke Sondag aand 6:00 pm

      +
      6:00 pm
      Sydney Afrikaanse Kerkdiens
  4. May
    23
    Wed

    1. Eerste Afrikaanse Optrede – Pieter Smith
      7:30 pm – 10:00 pm

      Pieter Smith Mackay

      :
      Qty:

       

       

       

       

       

      Print asseblief die Paypal bewys van betaling. Dit dien ook as jou kaartjie.

      Hierdie is ‘n eerste vir Mackay. Kom ondersteun die geleentheid en kuier lekker saam.

      Lede wat hul kaarte toon op die aand sal $5 terug kry. Kaartjies sal ook beskikbaar wees by die deur. Daar gaan gedans word op die aand. Kos en drankies beskikbaar by die Bowls Club. Om ‘n tafel te bespreek moet dit te minste 8 persone wees. Betaal vir die 8 persone en stuur die bewys van betaling na info@afrikaans.org.au tesame met die versoek vir ‘n tafel.

      Deure open 18h15 vir die wat reeds kaartjies gekoop het. Kaartjie verkope begin vanaf 18h45. Eftpos en krediet kaarte is welkom.

      +
      7:30 pm
      Eerste Afrikaanse Optrede – Pieter Smith
  5. May
    25
    Fri

    1. Bokjol met Pieter Smith en MD Greyling in Adelaide
      7:00 pm – 11:45 pm

      Pieter Smith Adelaide

      :
      Qty:

      Indien jy per PAYPAL bespreek, druk asseblief jou bewys van betaling uit. Dit dien ook as jou kaartjie.

      Stuur epos na southaus@afrikaans.org.au vir inligting. Koste $35 per volwassene, $10 vir kinders onder 14 jaar, kinders onder 6 gratis. Bring jou mandjie met kos, drankies en eetgerei. Daar is tafels en stoele. Jy kan ook ‘n hele tafel bespreek.

      Deure open 18h30 vir die wat reeds kaartjies gekoop het. Kaartjie verkope begin vanaf 18h45. Eftpos en krediet kaarte is welkom.

      +
      7:00 pm
      Bokjol met Pieter Smith en MD Greyling in Adelaide